NET NAMAKWALAND....Is presies wat ons doen. Ons toer van Gauteng na Namakwaland. Ons is trots op die toer. Want die wonderlike Namakwaland en sy mense is pragtig. Die blomme die landskap is uniek aan die streek.
NET NAMAKWALAND TOER 12 - 18 September 2013
NET NAMAKWALAND TOER 21 - 28 September 2013 (tydens 10 dae skool vakansie in
Gauteng)
PRYS VIR DIE 6 NAGTE EN 7 DAE TOER IS R6500.00 PER PERSOON WAT DEEL.
INDIEN U NIE DEEL NIE IS DIE PRYS R7500.00.
BESPREEK NOU DIE TOER IS BAIE GEWILD
NET
NAMAKWALAND....Is presies wat ons doen. Ons toer van Gauteng na Namakwaland. Ons is trots op die toer. Want die wonderlike Namakwaland en sy mense is pragtig. Die blomme die landskap is uniek aan die streek.
Dag
1.
Ons vertrek baie vroeg vanaf Pretoria en Johannesburg. Ons het 'n lang dag wat voorlê. Ons roete neem ons deur die N14. Ons ry deur Delareyville, Vryburg, Kuruman, Upington en so kom ons op Kakamas aan die einde
van die dag aan. Ons oornag op Kakamas op bed en ontbyt basis.
Dag 2
Na ontbyt vertrek ons verder op ons roete deur Keimoes, Kenhardt, Calvinia en eindelike ariveer ons op Loeriesfontein. Ons sal die prag van Boesmanland kan geniet.
Dit is ‘n skoonheid van sy eie. Ons sal middagete geniet in die pragtige dorpie van Calvinia. Calvina is ook bekend vir haar pragtige blommetjies. Ons vertrek dan verder na Loeriesfontein wat ook bekend is vir al die mooi blomme.
Ons besoek dan ook die Fred Turner windpomp museum een van net twee sulke museums in die wereld. Ons oornag op Loeriesfontein op aandete, bed en ontbyt basis. Heerlike kontrei kos en wyn.
Dag 3.
Vanoggend kan ons ‘n rustige
ontbyt geniet. Hierna vertrek ons na die Bolplant Hoofstad van die wereld Nieuwoudtsville. Hier besoek ons die Kokerboom woud, Nieuwoudtsville waterval en ook die Hantam Nasionale Botaniese Tuin en die pragtige kerk op die dorp. Ons
sal reel om piekniek te hou in die Botaniese tuin. Na ons besoek aan die dorpie vertrek ons oor die indrukwekkende Van Rhyns Pas. Ons volgende dorp is Van Rhynsdorp hier besoek ons die grootste Vetplant Kwekery in die wereld. Laat middag
ariveer ons in Clanwilliam hier oornag ons op aandte, bed en ontbyt basis.
Dag 4.
Na ontbyt vertrek ons om die pragtige omgewing van Clanwilliam te verken. Ons besoek die Rooibostee fabriek en ook die baie bekende Strassberger
skoen fabriek. Hier kan u 'n paar vellies koop. Ons besoek ook die indrukwekkende Ramskop natuurtuin. In die namiddag vertrek ons na Lambertsbaai. Ons eet dan by Isabellas heerlike seekos. Die ete is vir u eie rekening sowel as
die drankies. Ons oornag dan op bed en ontbyt basis in Clanwilliam.
Dag 5.
Vanoggend vertrek ons na ontbyt na die fantastiese Namakwa Nasionale Park om die massa blommetjies daar te gaan aanskou. Die park was voorheen bekend as SKILPAD.
Na ons besoek aan die mooi deel van ons land vertrek ons dan verder na Springbok. Op Springbok bly ons by Liana Jordaan se pragtige plaas. Hier kan u maar net op die stoep sit en blommetjies sommer net oral om jou aanskou. Foto hierbo is op Liana
se plaas geneem. Ons oornag dan by Liana op die plaas naby Nababeep, op aandete, bed en ontbyt basis. Weer lekker kontrei kos.
Dag 6.
Ja ons kom nou nader aan die einde van die toer. Na ontbyt vertrek ons na Die Augrabies Nasionale
Park. Hierdie roete neem ons dan ook deur Pofadde,r en na die Augrabies ariveer ons weer in Kakamas waar ons dan sal oornag op bed en ontbyt basis.
Dag 7.
Vandag is weer 'n baie lang dag terug na Gauteng. Ons vertrek baie vroeg
!!
Baie dankie dat us saam met ons reis op die spesiale NET Namakwaland blommetoer
RIANA - 0832687711 OF PETER - 0723374000
Kontak ons asb op rianamaas@gmail.com
of toersuidafrika@gmail.com of skakel vir